Contact us on info@wimtv.net
Follow us: AFR | ENG
AFR | ENG

'n Stukkie Kersfees met André Schwartz

Kom sit aan vir n stukkie Kersfees saam met Andre Schwartz. Andre sing beeldskone Kersliedere soos : So this is Christmas, Stille nag, Christmas Time, Rudolf the Rednose Reindeer ( saam met Sharleen Surtie Richards: opgeneem verlede jaar ), When a child is born, Ek wens vir jou n Kersfees en soveel meer.

Kom sing ook saam met Andre – daar is lirieke op die skerm – en ons sing almal uit volle bors en vier die wonder van Kersfees as een groot gesin. ‘n Perfekte en Geseënde Sondagmiddag.
Elke gas sal met aankoms bederf word met ‘n verwelkomingsdrankie van Robertson Wynkelder.

Belangrike inligting:
Daar is 2 prysklasse, die duurder kaartjies sit naby aan die verhoog en die goedkoopste kaartjies sit agter.
Kies asb mooi jou prysklas. Ons kan nie na die tyd kaartjies ruil vir beter sitplekke nie.
Geen terugbetalings of ruil van kaartjies na ander datums word gedoen nie.
Jy het nie nodig om enige papierwerk saam te bring nie. Sekuriteit by die deur het die gastelys met elkeen se naam en van wat kaartjies gekoop het. Jou gaste kan jou naam by die deur gee en die kelners sal jou na jou tafel toe neem.
Alle kaartjies wat onder dieselfde naam gekoop is, word outomaties aan dieselfde tafel gesit.
Daar sal ‘n dag voor die tyd ‘n e-pos uitgestuur word aan almal wat kaartjies gekoop het, indien jy ‘n spesiale versoek het, kan jy op daardie e-pos antwoord.

Heroes restaurant

The following positions are available at WimTV Teater:
Winkel A1, Cape Gate Decor Centre, Nitida Rylaan, Brackenfell, Kaapstad, 7560

Heroes restaurant
Heroes Restaurant

Kom geniet ons konings kos en kroeg by ons nuwe restaurant "Heroes"

Please select your desired position:

Quantity