Kontak ons op info@wimtv.net
Volg ons: AFR | ENG
AFR | ENG

Begin binne

R
150
.00

Mathys Roets

Woensdag

21 Julie om 19:00

Mathys Roets stel eerste album in 9 jaar bekend en saam met dit kom ‘n splinternuwe vertoning!

In tipiese Mathys Roets-styl is elke liedjie met diepte en warmte gevul. Wat hierdie vertoning en album so spesiaal maak is die samevloei van die digkuns en musikale vernuf.

Elke lied kry dit reg om jou met nostalgie te laat terugdink aan spesiale oomblikke uit ’n ander lewe. Dis asof liriek en melodie saamspan om jou te laat ontvlug na alles waarvan jy reeds vergeet het.

Saam met enige Mathys Roets vertoning, kan jy altyd uitsien na ou bekendes en nou ook die splinternuwe Leonard Cohen lied, “Thanks for the Dance”.

Kom geniet hierdie nuwe musiek saamgesnoer met ou bekendes vir ‘n heerlike aand van vermaak.

Kom luister na die sagte Reën, of Bertus se koolstoof wat sing totdat Klaasvakie kom oorneem. ‘n Sprokie oor ons land en stories van Grassade en Katedrale. Kom reis saam as die trein vertrek van die Stasie in die skemer. Cohen sê dankie vir die laaste dans. Daar is altyd ‘n nuwe begin al dink jy Waantoe nou. Maar jy bly steeds die reën, die sagte reën oor die veld en appelblaarboom wat bot.

Belangrike inligting:
Deure vir die vertoning maak 17h00 oop, sodat jy rustig voor die tyd iets kan eet.
Die vertoning begin stiptelik om 19h00.
Ons moedig ons gaste aan om kos te bestel voor die vertoning te begin. Die huis ligte word afgeskakel tydens die vertoning en dis aansienlik moeiliker om in die donker te eet :)
Daar sal ‘n gastelys by die deur wees met die naam op van die persoon wie die kaartjies gekoop het.
Dit is nie nodig om enige papierwerk saam te bring nie. Jou gaste wat saam met jou aan tafel sit, kan net jou naam by die deur gee.
Agv Covid regulasies spasieer ons met elke vertoning die tafels sodat almal inpas, dus is die tafel nommers nooit dieselfde nie.
Sodra jy by die deur kom, sal sekuriteit vir jou, jou tafel nommer gee en die kelner sal jou na jou tafel toe neem.
Alle kaartjies wat onder dieselfde naam gekoop is, sal aan een tafel sit.

Heroes restaurant
Heroes Restaurant

Kom geniet ons konings kos en kroeg by ons nuwe restaurant "Heroes"

Kies jou opsie:
92 Sitplekke oor
Bespreek by WimTV Teater - 100

R 150.00

Winkel A1, Cape Gate Decor Centre, Nitida Rylaan, Brackenfell, Kaapstad, 7560

Maak oop in Maps

Hoeveelheid