Kontak ons op info@wimtv.net
Volg ons: AFR | ENG
AFR | ENG

Andre Schwartz sing ELVIS met 'n band

André was nog altyd n enorme aanhanger van Elvis Pressley se musiek en met sy laaste besoek aan Heroes het Andre en Wimpie besluit dis tyd dat Andre ‘n vertoning doen met die liedjies van Elvis! Kom luister na die treffers soos : I Believe, Suspicious Minds, Love me tender, Can’t help falling in love, American Trilogy en soveel meer!

Kom jol saam met André en Elvis op ‘n Heerlike Saterdagaand!

Elke gas sal met aankoms bederf word met ‘n verwelkomingsdrankie van Robertson Wynkelder.



Belangrike inligting:

Die kombuise maak teen 20h00 toe, dus moedig ons jou en jou gaste aan om van 18h00 af in te kom en te bestel.

Daar is 2 prysklasse, die duurder kaartjies sit naby aan die verhoog en die goedkoopste kaartjies sit agter.

Kies asb mooi jou prysklas. Ons kan nie na die tyd kaartjies ruil vir beter sitplekke nie.

Geen terugbetalings of ruil van kaartjies na ander datums word gedoen nie.

Jy het nie nodig om enige papierwerk saam te bring nie. Sekuriteit by die deur het die gastelys met elkeen se naam en van wat kaartjies gekoop het. Jou gaste kan jou naam by die deur gee en die kelners sal jou na jou tafel toe neem.

Alle kaartjies wat onder dieselfde naam gekoop is, word outomaties aan dieselfde tafel gesit.

Daar sal ‘n dag voor die tyd ‘n e-pos uitgestuur word aan almal wat kaartjies gekoop het, indien jy ‘n spesiale versoek het, kan jy op daardie e-pos antwoord.

Heroes restaurant

Die volgende datums is beskikbaar by WimTV Teater:
Winkel A1, Cape Gate Decor Centre, Nitida Rylaan, Brackenfell, Kaapstad, 7560

Heroes restaurant
Heroes Restaurant

Kom geniet ons konings kos en kroeg by ons nuwe restaurant "Heroes"

Kies jou gewenste plek:

Hoeveelheid