Kontak ons op info@wimtv.net
Volg ons: AFR | ENG
AFR | ENG
R
380
.00

Die Biltongfees

Bok Radio weet jy is lus vir 'n partytjie, ons is ook. Inperking was rof, kunstenaars kon nie optree nie en feeste was taboe.

Op 4 & 5 Desember gaan ons uiteindelik weer fees hou saam met 12 van die land se grootste kunstenaars.

Kom en luister na Juanita du Plessis, Jay, Juan Boucher, 1925 Band, Deon Groot, Bernice West, Kurt Darren, Mark Haze, Jan Rhaap, Die Broers, Posduif en Wikus Botma.

Die Biltongfees

Die volgende datums is beskikbaar by Sandringham:

4 Desember

Area A

Uitverkoop

Area B

Uitverkoop

Area C

(277 Sitplekke oor)
5 Desember

Area A

(353 Sitplekke oor)

Area B

(370 Sitplekke oor)

Area C

(379 Sitplekke oor)

Klik die kaart om te vergroot

Hoeveelheid

  • Geen afslag vir pensionarisse, kinders of babas nie. Elke persoon wat die fees terrein binne gaan moet ‘n geldige kaartjie hê wat teen R380pp aangekoop word. Geen naweek-toegang kaartjies sal verkoop word nie.
  • Feesgangers mag nie tussen tente beweeg nie. As jy ‘n kaartjie gekoop het vir Area A, bly jy heeldag in Area A.
  • Indien ‘n area se kaartjies uitverkoop is, kan jy gaan kyk op die volgende area of daar nog plek beskikbaar is om jou kaartjies te koop.
  • Die 3 areas is identies. Presies dieselfde kos en drank stalletjies in elke area.
  • Kunstenaars roteer tussen die tente, dus sien almal in elke area dieselfde kunstenaars.
  • Geen kos, drank, kampstoele, sambrele, tente of coolerbags word toegelaat nie. Daar is tafels en stoele in elke area.
  • Alle korrespondensie sal met die persoon wat die kaartjies gekoop het aangegaan word.
  • Geen terug betalings of die ruil van kaartjies na ‘n ander area sal toegelaat word nie.
  • Geen herverkoop van kaartjies nie.
  • Indien die fees gekanselleer word agv verskerpte covid regulasies of enige ander onvoorsiene omstandighede, sal die kaartjieprys minus 10% terug betaal word aan die persoon wat die kaartjies gekoop het.
  • Streng Covid regulasies sal gevolg word.