Kontak ons op info@wimtv.net
Volg ons: AFR | ENG
AFR | ENG

Begin binne

Gratis

Biltong Sessie Bonanza

Saterdag

26 Desember om 19:00

Die Biltong Sessie Bonanza gaan jou bederf met die hoogtepunte van 47 Biltong Sessies wat plaasgevind het oor die laaste paar maande.

Op 26 Desember word jy terug in tyd gevat na van die vertonings wat jy saam met die kunstenaars geniet het in die gemak van jou eie huis; of sien vir die eerste keer van die oomblikke wat jy dalk gemis het.

As 'n bonus, bring Wim TV vir jou hierdie Bonanza absoluut gratis! Dit is ons manier om vir jou dankie te sê dat jy gehelp het om vir soveel kunstenaars ‘n inkomste te verseker in hierdie onseker tye.

Maak seker jy is geregistreer en geniet hierdie spesiale kersgeskenk van ons aan jou.

Kies jou opsie:
Teken in om Nou te kyk

Besigtig Biltong Sessie Bonanza weer in die gemak van jou braaikamer.

Hoeveelheid