Kontak ons op info@wimtv.net
Volg ons: AFR | ENG
AFR | ENG

Oor Ons

Wie is ons

Wim TV - Wimpie, Stem en SimonWim TV is ‘n Afrikaanse aanlyn televisie platform wat wêreldwyd beskikbaar is – gestig in 2020 gedurende die Covid-19 pandemie.

Die Biltong Sessies is gebore om kunstenaars en ander individue in die vermaaklikheidsbedryf te help, wat as gevolg van die inperking geen inkomste kon verdien nie.

In 2020 was daar ongeveer R 2,5 miljoen uit betaal aan kunstenaars, met 48 Biltong Sessies wat meer as 50 000 kaartjies verkoop het. Die Biltong Sessie verhoog het reeds groot name soos Steve Hofmeyr, Jan Blohm, Roan Ash, Ray Dylan, Elvis Blue en Nicholis Louw verwelkom, met nog baie van jou gunstelinge wat oppad is in 2021.

Jy kan ook Dinsdae aande gratis in skakel op Die WimTV Show met Wimpie van der Sandt, Simon Miller en Stem. Die nuutste onderwerpe wat op almal se lippe is word bespreek, met die nodige vrae wat aan die kenners gevra word. Die program is ongesensor met Wimpie, Simon en Stem wat niks terug hou nie. Jy kan ook uitsien na Die WimTV Band met Mark Haze, Justen Hosken en Stanley Hill wat hul weergawe van die grootste treffers vir jou bring.

Registreer nou om seker te maak dat jy nie uit mis op al die vermaak wat nog oppad is nie.

Aan almal wat die plaaslike vermaaklikheidsbedryf ondersteun, se ons dankie, sonder julle ondersteuning sou ons nie aan ons uitvoerende kunstenaars kon teruggee nie.

BAIE DANKIE